Aansoek vir Toestemming om my Dogter te mag uitvra
Alle aansoeke moet vergesel word van:
- 5 kg (of meer) biltong
- 12 bottels K.W.V. Roodeberg
- 12 bottels K.W.V. 10 jaar brandewyn
- 1 kas Heineken
- ‘n Betaalde jagsafari van 14 dae in Kenia vir 4 persone
Hierdie aansoek sal as onvolledig beskou word en dienooreenkomstig afgekeur word indien enige van die volgende nie aangeheg is nie:
- Volledige finansiële state van die afgelope drie jaar
- Skool- en Universiteit geskiedenis (nie Technicon, Kollege of enige iets anders nie)
- Werksgeskiedenis en rekords
- Familiegeskiedenis van die laaste 200 jaar (Anglo-Boereoorlog hensoppers, joiners of vermyders kan net hier opgegee word)
- Afskrif van Bestuurders lisensie en Polisie rekords
- Volledige mediese ondersoek onderteken deur ‘n goedgekeurde Dokter en Psigiater



Languages 
