Afrikaans is nou een van die amptelike tale van Joomla! Die volle, stabiele weergawe van die Afrikaanse Vertaling vir Joomla 1.5.2 (en Joomla 1.0.13 ) is nou daar! Jy kan dit hier aflaai. | |
Joomla 1.5.2 - Die nuutste weergawe van Joomla Hoe om te InstalleerJoomla 1.5 ondersteun nou ook taal-pakkette, so 'n nuwe taal kan geinstalleer word net soos mens 'n Joomla module of 'n inpropprogram (dis nou 'n plug-in, OK?) sou installeer. Alhoewel die verstek Joomla 1.5 pakket met 'n Afrikaanse Installeering kom, is die res van die vertalings nie in die pakket ingesluit nie. Dus kan jy net 'n totale Afrikaanse webwerf met Joomla bou indein jy ook die Afrikaanse taal-pakkette ook geinstalleer het. Om die lewe te vergemaklik, het ek 'n Joomla 1.5.2 installeer pakket gebou wat al die Afrikaanse taalpakkette in 'n gehele pakket saamvat. Selfs die voorbeeld artikels is Afrikaans toe vertaa! Dit maak baie sin om ook die voorbeeld artikels ook te installeer as dit die eerste keer dat jy 'n Joomla! webwerf bou, omdat jy die struktuur en uitleg kan volg en naboots (ons leer mos soos apies, nie waar nie?). Sodra jy begryp hoe hierdie hele Joomla-ding saamhang, dan kan jy die voorbeeld-artikels en -kategoriê en -seksies skrap. Dus, as jy 'n spliternuwe, Afrikaanse Joomla webwerf wil bou, is dit die regte keuse vir jou. Gaan loer 'n bietjie na die voorbeld webwerf wat met hierdie pakket geskep is: http://afrikaans.joomla4africa.org/ Andersins, as jy 'n bestaande Joomla 1.5 webwerf het wat jy wil ver-Afrikaans, laai die Afrikaanse taalpakkette af en installeer hulle afsonderlik. Al dit en nog meer kan jy by die volgende webskakel aflaai: http://joomlacode.org/gf/project/afrikaans_taal/frs. Joomla 1.0.13 - Die ouer weergawe van Joomla Daar is twee weergawes van die vertaling en jy kan dies watter ene jy wil installeer, afhangende van jou gehoor en onderwerp. Hier kan jy meer omtrent hierdie ope bron projek uitvind en die nuutse nuus lees: http://joomlacode.org/gf/project/afrikaans_taal/. Indien jy belang stel om by te dra, is jy welkom om by die projek aan te sluit. Die projek eienaar is Wynand van Zyl. Jy kan ook op 'n informele wyse per e-pos bydra en/of voorstelle maak. Hoe om te Installeer Laai die gekose .zip lêer af (AfrikaansFormeel.zip of AfrikaansInformeel.zip) en pak dit in die /language lêergids van jou Joomla! installasie uit. Daar behoort 2 .php lêërs en 1 .xml lêer te wees. In die 'Language Manager' van Joomla! se beheer-paneel kan jy die verstek taal in Joomla na Afrikaans stel. Baie eenvoudig! Net vir die Dapperes: Joom!Fish
Dit is ook moontlik om jou webwerf veeltalig maak m.b.v. die Joom!Fish onderdeel vir Joomla. Ek voel dat hierdie onderdeel nog nie heeltemal voltooi is nie en ook vol uitsonderings en strikke is. Dit het ook (nog) nie 'n Suid-Afrikaanse flaggie nie, so dié kry jy hiér as jy met Joom!Fish wil ekperimenteer. Die dokumentasie is ook maar armmoedig en in 'Bulgaarse' Engels geskryf. Daar lê nog baie werk voor voordat ek hierdie onderdeel perfek aan die werk gekry het. Ek sal dan presies verduidelik hoe om jou webwerf veeltalig te maak. Ja, wel, nee, fyn... Laat weet wat julle dink. Vertalings is maar een van daardie subjektiewe dinge waar almal nie altyd mee saamstem nie. Die feit dat Afrikaans nie die mees tegnies-geöriënteerde taal is nie, maak tegniese vertalings na Afrikaans 'n redelik kreatiewe tydverdryf. Van 'n persoonlike standpunt is hierdie die rede hoekom ek dit doen. Dit is ook gebore uit die frustrasie deurdat ek nou weer in 'n hoofsaaklik-monoglotale land woon - ek het tot onlangs in Switserland gewoon waar meeste mense tenminste dreitalig is. Ander vertalings-projekte waarmee ek verbonde is/was: Ubuntu Linux - jy het al daarvan gehoor, né? (My bydrae: Engels na Afrikaans vertaal) Gary's Cookbook - 'n Joomla! onderdeel om jou versameling van kookresepte te huisves. Hier is my resepteboek (My bydrae: Duits na Engels, Duits na Nederlands en Duits na Afrikaans vertaal) Gallery - 'n Foto galery vir jou webblad. Sien gallery.hoekstra.co.uk vir 'n voorbeeld. (My bydrae: Nederlands na Afrikaans vertaal) |