hoekstra.co.uk
Koos vat sy gesin Kaap toe. Sy seun Jannie maak vriende met 'n coloured laaitie.
"Jy is seker 'n Local" vra Jannie, "want ek sien jou voortande is uit?"
Die coloured laaitie sien Jannie se braces in sy mond en vra, "en djy is seker van Gauteng né?"
"Hoe het jy dit geweet?" vra Jannie.
"Want ek sien djy het Burglar Bars in jou bek!"
Hierdie is 'n opstel deur 'n laerskool leerling. Ingesluit is al die spelfoute en dinge:
Die koei is 'n soogdier. Hy is ook 'n huisdier. 'n koei is orrals..
Meeste mense hou van FóKóL. Hulle praat oor FóKóL. Die armes kan FóKóL bekostig, die rykes geniet FóKóL, die taalkundiges weet veel meer van FóKóL as wat hulle voorgee, terwyl FóKóL plesier verskaf aan bankbestuurders, hoofde van afdelings, skole, politieke partye en assuransiemaatskappye; trouens, meeste mense is met FóKóL in hulle skik - veral skoonma’s en families. Deesdae kan mens op FóKóL staatmaak, want almal beloof jou amper elke dag FóKóL omdat feitlik almal in die Nuwe Suid-Afrika FóKóL besit, m.a.w. mens kan nie anders as om in FóKóL te glo nie.
SPESIAAL VERVAARDIG IN OPDRAG VAN TSESSEBE DRANKWINKEL, HOEDSPRUIT DEUR MENSE WAT FóKóL BESIT VIR MENSE WAT WIL VREK OOR FóKóL IN ‘N LAND WAAR GELD FóKóL WERD IS. 1995
Alle aansoeke moet vergesel word van:
- 5 kg (of meer) biltong
- 12 bottels K.W.V. Roodeberg
- 12 bottels K.W.V. 10 jaar brandewyn
- 1 kas Heineken
- ‘n Betaalde jagsafari van 14 dae in Kenia vir 4 persone
- Volledige finansiële state van die afgelope drie jaar
- Skool- en Universiteit geskiedenis (nie Tegnikon, Kollege of enige van daai kak nie)
- Werksgeskiedenis en rekords
- Familiegeskiedenis van die laaste 200 jaar (Anglo-Boereoorlog-hensoppers, joiners of vermyders kan net hier opgee)
- Afskrif van Bestuurders lisensie en Polisie rekords
- Volledige mediese ondersoek onderteken deur ‘n goedgekeurde Dokter en Psigiater
Read more: Aansoek vir Toestemming om my Dogter te mag uitvra
Een van die interessantste, kleurvolste woorde in Afrikaans is die leenwoord fok en sy familie. Dis 'n towerwoord wat, bloot deur sy klank, vreugde of pyn, liefde of haat, ontdekking of frustrasie kan weergee. Fok is een van die min woorde wat die funksie van byna alle woordsoorte kan vervul.
Dit word as oorganklike werkwoord gebruik (Fok die hele spul), en as onoorganklike werkwoord (Ag fok), as bevel (Fok dit!), in die bedrywende vorm (Dit het my gefok), sowel as die lydende vorm (Nou is jy heeltemal gefok), as die hoofelement in 'n hele reeks skeibare werkwoorde (aanfok,opfok, uitfok, toefok, voortfok, byfok, agteroorfok, agternafok, ens.), of as stam van 'n werkwoord (Nou het jy die hele ding befok).