HOEKSTRA.CO.UK

Frikkie is 'n huur soldaat en besluit om aan te sluit by die American marines in Irak. En een dag is hy afgesonder van die res en 3 Irakse soldate keer hom vas op 'n sand duin en hy besef hy sal moet 'n plan maak hier.

Hy dink toe wat is 'n algemene naam daar en skree "Abdul!", en die eerste Irakse soldaat staan op en sê "Yes!", en Frikkie skiet hom moertoe net daar, hy wag toe so 'n paar minute en skree weer "Abdul!", en die tweede Irakier spring op en sê "Yes!" en Frikkie skiet hom ook moertoe net daar. Die laaste Irak soldaat dink by homself hierdie boertjie wat saam met die Amerikaners veg het ons mos nou gevang met 'n vuil triek hier, en dink by homself hy gaan payback gee en dink wat is 'n algemene boere naam in Suid-Afrika en skree: "FRIKKIE!" Dit is stil en hy skree weer 'n slag: "FRIKKIE!", en Frikkie antwoord terug; "Frikkie is not here today, but is it you, Abdul?" "Yes" sê hy en staan op en Frikkie skiet hom ook moertoe net daar...