HOEKSTRA.CO.UK

Die Emmer en Piering Metode

Twee pas getroude vrouens praat oor voorbehoeding. "Watter vorm van voorbehoeding gebruik julle?" wou een weet.

"Die emmer en piering metode" kom die antwoord.  

"Nou wat is dit?"

"Maklik. Jy sien my man is maar 'n kort kêreltjie. As hy die behoefte het dan doen ons dit terwyl hy op 'n emmer staan om mooi by te kom. Ek hou hom dan fyn dop en sodra sy oë so groot soos pierings word, dan skop ek net die emmer onder hom uit!"