HOEKSTRA.CO.UK

Ou Van het laat gekuier die aand, staan die nag op, loop 'n draai en kom terug. Hy skud sy vrou wakker. 
"Wat is dit?" vra sy, deurmekaar en omgekrap. Ou Van sê, "Weet jy, jy gaan dit nou nie glo nie. Ek loop 'n draai en die lig gaan sommer vanself aan. Toe ek klaar is, daar gaan die lig wragtag sommer weer vanself af."
"Ag magtag, Van," sê sy vrou, "moenie vir my sê jy het alweer in die fridge gepiepie nie!"