HOEKSTRA.CO.UK

Een jaar koop ek vir my skoonma 'n plot in die begraafplaas vir haar verjaarsdag... Die volgende jaar koop ek niks.
My vrou wil weet waarom ek nie hierdie jaar vir haar ‘n geskenk gekoop het nie. "Maar ma het dan nog nie eens laasjaar s'n gebruik nie.
En toe baklei ons.

My vrou en ek kyk "Who Wants To Be A Millionaire" in die bed. Ek draai na haar en vra: “Wil jy liefde maak?”
Sy sê nee.
“Is daai jou "final answer?”
Sy sê ja.
“Then I'd like to phone a friend!”, sê ek toe...
En toe baklei ons.

Ek vat my vrou Spur toe.
Die waiter vra wat ek wil hê.
"Ek sal rump steak neem, rare, asseblief."
Hy vra of ek nie vir mal-koei bang is nie.
"Nee, sy kan self vir haar bestel wat sy wil hê."
En toe baklei ons.

By ons hoërskoolreunie kyk my vrou kort kort vir 'n dronk ou wat alleen by 'n tafel sit en drink.
"Ken jy hom?" vra ek
"Ja", sug sy
"Hy's my ou kerel. Hy het blykbaar begin drink net nadat ons destyds uitmekaar is, en sedertdien nog nie opgehou nie."
"Magtag" sê ek, "Wie sou nou kon dink dat hy dit so lank sou vier?"
En toe baklei ons.

Toe ons grassnyer breek, hou my vrou aan kerm en kla dat ek die ding moet laat regmaak. Maar ek is 'n besige man en daar is net altyd belangriker goed om te doen. Soos rugby en krieket op die tellie. My boot wat moet reggemaak word. Visvang ens... Tot sy eendag slim word en probeer om haar punt te maak. Toe ek by die huis kom is sy besig om die gras met haar kombuissker te knip. Ek het lank na die poging staan en kyk. Toe gaan haal ek maar 'n tandeborsel en sê vir haar: "As jy klaar is kan jy sommer die oprit ook vee."
Die dokter sê ek sal weer kan loop, maar gaan 'n permanente waggel in my stappie hê.

My vrou sit langs my terwyl ek kanale wissel op die tellie.
Sy vra: "Wat is op die TV?"
Ek se: "Stof."
En toe baklei ons.

Saterdagoggend vroeg op. Wil gaan visvang maar toe ek uit die garage ry sous dit behoorlik. Ek sit die motorradio aan en hoor op die weervoorspelling dat dit heel naweek gaan storm. Ek sluip toe maar terug in die huis in. Kruip styf agter mammie se blad in en fluister: "Die weer is bitter sleg daar buite."
"Ja," antwoord sy, "En om te dink my simpel man het in die weer gaan visvang."
En toe baklei ons.

Haar skimp dat sy iets blink, wat 0 tot 200 in 3 sekondes haal, vir ons huweliksherdenking wil hê... Toe koop ek vir haar 'n badkamerskaal.
En toe baklei ons.

Na aftrede wil ek gaan aansoek doen vir ouderdomspensioen. Ek vergeet my ID dokument by die huis. Die dametjie agter die toonbank is egter vriendelik en sê ek moet my hemp oopknoop. Toe sy my grys borshare sien sê sy dis genoeg bewys van my ouderdom en sy verwerk my aansoek.
Ek vertel my vrou van die insident.
Sy sê: "Plaas jy jou broek ook losgeknoop het dan kon jy ongeskikheidstoelae ook gekry het."
En toe baklei ons.

My vrou staan kaal voor die spieël. Sy hou nie van wat sy sien nie, "Ek is oud en vet en vol selluliet en plooie. Ek het 'n kompliment nodig." smeek sy.
"Toe antwoord ek: "Daar's niks met jou oë verkeerd nie, Skat!"
Ek sukkel nog bietjie om te praat.