HOEKSTRA.CO.UK

Twee ou tantes, Miemie en Sannie, sit op ’n bankie buite die stadsaal, waar ’n blommeskou aan die gang is. “Die lewe is so vervelig,” sê Miemie. “As jy my R50 gee, sal ek my klere uittrek en kaal deur daai blommeskou nael.”
“Ek dare jou!” hits Sannie haar aan en haal ’n R50-noot uit haar handsak.
Miemie begin stadig uittrek tot sy poedelnakend staan. Toe nael sy, so vinnig as wat ’n ou tannie dit kan doen, by die blommeskou in.

Buite hoor Sannie ’n groot lawaai in die saal losbars, gevolg deur luide applous en ’n skril gefluit. Eindelik kom Miemie weer te voorskyn en sy glimlag van oor tot oor.
“Wat het gebeur?” vra Sannie. “Ek het R2 000 gewen vir die beste droë rangskikking.